
Vir Thato Makape van Boichoko in Postmasburg is die IDOLS SEASON 14 van groot belang aangesien hy al tot die eerste 16 deelnemers gevorder het.
Sondag 26 Augustus 2018 is hy saam met sy bestuurder, mnr. Michael Moeng van Daniëlskuil en ma Mathilda, na Pretoria waar daar meegeding is en daar TV dekking was sodat aanhangers oral hul keuse kon maak. Ook op Facebook is hierdie Noord-Kaap deelnemer wyd ondersteun en aangemoedig. Agt dames en agt here word gekies; uiteindelik sal die volgende ses deelnemers aangekondig word – afhangende van die steun wat per sms-stemme uitgebring word, sê sy bestuurder. Spesiale fasiliteite is gereël om ondersteuners in staat te stel om hul stemme uit te bring.
Noord-Kaap staan agter die 24-jarige Thato – en Postmasburgers hou al hul duime vas vir “groot dinge”. Sterkte Thato!.
FOTO: Thato Makape – deelnemer aan IDOLS SEASON 14 – van Postmasburg is vol moed dat hy sy “stem vir die Noord-Kaap en Postmasburg gaan laat hoor”.
















