Kathu, Kuruman, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounding villages.

Die naweek van 13 en 14 Maart 2020, vind die grootste Toutrekbyeenkoms in die wêreld by die Drosdy in Worcester plaas, wanneer die SA Junior Kampioenskappe daar aangebied word. 

Meer as 300 spanne en 1400 atlete / trekkers vanuit 6 provinsies trek daar saam. Dit maak dit ook die 3e grootste sportbyeenkoms in SA, sê die afrigter van die Junior Boots en ook die senior spanne, mnr Werner Kleynhans, van Postmasburg. 

Postmasburg is goed verteenwoordig; hulle neem aan die Kaalvoet- of Laerskoolafdeling met 5 spanne en 22 trekkers deel. Die Junior Boots of Hoërskole afdeling het 3 spanne met 11 trekkers wat gaan deelneem. 

Verlede jaar was die kompetisie in Oudtshoorn en was dit die spanne se eerste deelname. 

Van die afrigters en ouers vergesel die spanne. 

Worcester hier kom ons! Voorspoed en vasvat aan die spanne toegewens.