Kathu, Kuruman, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounding villages.

Voor ‘n klein, maar fanatiese skare het Rietfontein Gekombineerde Skool en Saul Damon Hoёrskool mekaar op 1 Mei 2019 op die Upington Kollege velde gepak.

Goeie skeidsregters het ‘n groot aandeel gehad dat goeie rugby en sokker gespeel kon word. 

Eerste aan die beurt was die o/19 sokkerspan. Die spanne het goed opgeweeg, maar na 20 minute was dit duidelik dat Rietfontein slegs met ‘n wen uitslag tevrede gaan wees. Ferdy Matthys, doelskieter met sy kanonvoet het die Rietfonteiners se harte warm laat klop toe hy twee pragtige doele aangeteken het. Rietfontein wen uiteindelik die wedstryd 2-1. Hierdie vriendskaplike wedstryd was ook ‘n maatstaf vir die afrigters Bernett de Klerk en Adam Jansen om kombinasies uit te toets en foute reg te stel voor die aanvang van die Kay Motsepe beker liga bepalings.

Daar was gehoop dat die sokkerspan se uitslag ‘n postiewe uitwerking op Rietfontein se o/16 rugby span sou hệ, maar die treurmare duur  voort vir die span . Dit was ‘n baie beter vertoning van hierdie jong span, maar die vele hanteerfoute en verkeerde besluite het hulle die wedstryd gekos.

Toe die twee o/19 spanne die veld gevat het was die onderskeie ondersteuners bankvas agter hul spanne. Van meet af het Rietfontein beheer geneem en in die eerste helfte drie drieё gedruk. Met die omdraai slag het Rietfontein nog drie drieё gedruk. Indien Hanno du Plessis beter geskop het sou die telling heelwat groter gewees het. Dit is moeilik om helde in die Rietfontein span uit te sonder, want die span het as ‘n eenheid gespeel. Voorlangs was dit die agttal wat met Saul Damon gemors het, met Lawrence Claasen met sy stormram lopies ‘n handvol vir Saul Damon. Dit het die agterspelers spasie gegee om hul ding te doen. Agterspelers wat uitgestaan het, was Ricardo du Raan, Hanno du Plessis en Anver du Plessis.

Uitslae: Sokker o/19 Rietfontein (2 doele) en Saul Damon (1 doel). Rugby o/16 Rietfontein (0) en Saul Damon (5). o/19 Rietfontein (34 – 6 drieё en twee doelskoppe) Saul Damon (10 – 2 drieё).