Elanie Brand is op 27Junie 2019 amptelik in die Senior SA skole tennisspan opgeneem.
Dit is die hoogste vlak van SA kleure wat jy in tennis kan behaal op skolevlak. Hulle het die 27ste Junie na London gevlieg waar daar ‘n baie besige week op hulle gewag het. Op 28 Junie 2019 het hulle ‘n Sunset Ride op die London Eye gehad. Hulle was ook na die London Dungeon en Madame Tussauds, waar hulle foto’s geneem het saam die gewildste wasbeeldhelde in sport asook akteurs.
Op Saterdag, 29 Junie 2019, vertrek hulle vroeg na die Sutton Tennis Academy (Sport Engeland) waar hulle die hele dag tennis speel. Elanie het top 3 gespeel in die SA span en daarom het sy 2 enkels gespeel waarvan sy altwee met oortuiging gewen het. Die eerste enkel se telling was 6-0 en 7-5. Die tweede enkel se telling was 6-1 en 6-0. Dit was ‘n UTR (Universal Tennis Ranking) toernooi. Dit beteken dat jy Internasionaal meeding teen jou sterkste posisie in die SA span.
Op Sondag, 30 Junie 2019, was hulle na London waar hulle die ongelooflike optog kon sien van die Changing of the guard by Buckingham Palace. Die hekke van die paleis is van goud en dit is ingevoer vanaf Suid-Afrika. Dan het hulle ook na die volgende plekke gegaan. Big Ben, Houses of Parliament, St Paul’s Cathedral, British Science Museum, British Art Museum, Londo Bridge, Tower Bridge en aan die einde van ‘n baie besige dag, eet hulle roomys in St James Park.
Op Maandag 1 Julie 2019 en Dinsdag 2 Julie 2019, het hulle die voorreg om 2 volle dae na tennis te gaan kyk by Wimbledon. Hulle het groot name gesien, soos Kevin Anderson (ons eie Suid-Afrikaanse tennisheld), Dominic Thiem, Simona Halep, Maria Sharapova, Alexander Zwerev, Venus Williams (wat deur die 15 jarige Cori verslaan is) en John Isner. Hulle was ook by Roger Federer en Novac Djocovic se opwarmingsoefeninge.
Op Woensdag, 3 Julie 2019, was hulle na die Windsor Castle waar die koningin woon. Die namiddag het hulle na Heathrow lughawe vertrek waar hulle die aand weer teruggevlieg het na Suid Afrika.
Soos Elanie sê, dit was ‘n baie besige week, maar beslis ‘n toer wat sy nie sommer sal vergeet nie.
















