Sishen Primêre Skool Ontvang borgskap
Sishen Primêre Skool is ‘n publieke skool wat deur die Department van Onderwys onder quintile twee geklassifiseer word, met ander woorde geen verpligte skoolfonds word van ouers verwag nie.
Ten einde doeltreffende onderrig en leer aan te bied, word die skool genoop om van tyd tot tyd uit te reik na borge. Om ondersteuning te gee waar die die skool swak befonds word.
Daar kan met trots genoem word dat die skool beman is met ‘n doelgerigte, gemotiveerde en bekwame Skool bestuursspan, skool beheerliggaam en leerkragte.
As Sishen Primêr wil ons hiermee baie dankie te sê aan Mnr Donald Tlhareseng, bestuurder van Diphilihilo Technical vir die borgskap in die vorm van die aanbring van plaveisel van 500 vierkante meter en veral vir die subsidiëring van ’n salaris vir die aanstelling van ‘n ekstra onderwyser. Nogmaals dankie en voorspoed vir die werksaamhede van die maatskappy, van die Sishen Skool Bestuurspan.
FOTO: Vlnr: Me Dinny Moagi Sishen Primêr Skoolhoof, Mnr Donald Tlhareseng, Mrs Jo-anne Davids opvoeder en Mnr Anthony Olyn opvoeder.
















