Skaakspelers kook tydens Gamagara Skaakproewe
Tien van Laerskool Kathu se o/13 skaakspelers het op 14 Maart 2020 aan die Gamagara Skaakproewe deelgeneem.
Een van die Laerskool Kathu se skaakspelers, Carmia Malan, word ook in die Gamagaraspan opgeneem en sal Gamagara verteenwoordig tydens die JTG Skaakproewe op 18 April 2020.
Die uitslae is as volg: Carmia Malan (o/13 dogters) verwerf 4de plek in haar afdeling, Lorenzo April (o/13 seuns) verwerf 7de plek en Idrees Naveed (o/13 seuns) 9de plek.
Baie geluk aan hierdie spelers asook aan die ander wat besonder goed gespeel het.
















