Kathu, Kuruman, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounding villages.

Skolierpatrollie 2020

Hierdie jaar is nie sommer ‘n gewone jaar by Laerskool Kathu nie, maar ‘n stof-afskop-jaar!

Dit is presies hoe die skolierpatrollie groep ook hierdie jaar begin het. Twintig van Laerskool Kathu se leerders het vrywilliglik hulself ten doel gestel om die ander leerders veilig oor die pad te help en om die verkeer te stop. Hulle is vol woema en besef hierdie is ‘n groot en verantwoordelike taak.

Baie dankie aan al hierdie leerders vir julle onbaatsugtige diens wat julle lewer!

 

FOTO: Voor vlnr: Elmarie van Jaarsveld, Ewald Hollenbach, Le-Roy Loubser, Mnr Chris Cronje, PJ Smith, Andrico Swiegers en John Uys. Middel vlnr: Alyssa Visagie, Anchen Erasmus, Iolanthé Beukman, Anneke Brand, Jaurdyn-Lee Jobs, Cayleigh Olifant en Mikayla Eilers. Agter vlnr: Remofilwe Kamore, Johan de Jager, Heyley Links, Kaylee Els, Palesa Isaacs, Johan Brand en Louis Labuschagne.