
Op 10 en 12 September 2018 het die sterilisasie kampanje in Olifantshoek asook die gemeenskap hulle samewerking gebied met die Olifantshoek Animal Association (Michelle se span) en die Staatsveearts kantoor (Departement van Landbou) op Kuruman. Olifantshoek het in drie dae ongeveer 1600 diere ontwurm en gedip by die verskillende punte.
Die grootte van die kampanje bestaan uit hulp vanaf ander staatsveeartskantore in die provinsie. Beamptes het van Kimberley, Mothibistad, Calvinia, De Aar, Springbok en Upington af gekom om te help. Dr Gerhard van der Westhuizen van Kuruman Dierekliniek het ook die eerste dag kom hand bysit.
Oor die drie dae het die groep 129 honde en 21 katte gesteriliseer, 826 diere is teen hondsdolheid ingeënt en 574 diere is behandel vir inwendige sowel as uitwendige parasiete.
Die gemeenskap en omgewing wil baie dankie sê aan elkeen wat betrokke was om beter omstandighede vir diereland te skep. Dit word opreg waardeer.
















