Op 28 en 29 Februarie 2020 het Curro Kathu ‘n Summer Sizzler Fees gehou.
Dit was Curro Kathu se eerste fees wat hulle aangepak het en was inderdaad ‘n groot sukses. Na hierdie sukses wat die Summer Sizzler Fees behaal het is daar besluit om dit ‘n jaarlikse instelling maak.
Op Vrydag, 28 Februarie 2020, was die Waterpark, Netbal toernooi vir ouers en ‘n gaskunstenaar, Ruan Tennant, wat die ouers vermaak het. Op Saterdag, 29 Februarie 2020, was die Sportdag gewees.
Curro Kathu bedank die skole wat aan die Sportdag deelgeneem het: Laerskool Daniëlskuil, Laerskool Kathu en Hoërskool Hartswater.
















