
Die Cherubs se leerders het op 31 Mei 2019 Tekkie Tax dag gevier.
Al die maatjies het hulle tekkies vir hierdie geleentheid versier en dit spoggerig by die skool gewys. Daar was wel foto’s geneem om hulle kreatiewe werk te wys.
Tekkie Tax is ‘n Internasionale Fondsinsamelingsveldtog wat 5 sektore ondersteun: A = Animals/Diere, B = Bring Hope/Bring Hoop, C = Children/Kinders, D = Disability/Ongeskiktheid, E = Onderwys/Education.
FOTO: ‘n Kollage van Tekkie Tax 2019.
















