
Die naweek van 18 Augustus 2018 het al die klubs van JTG Netbal distrik bymekaar gekom om die wenners van die distrik te bepaal. Spanne het reg deur die jaar in ‘n A- en B-liga gespeel en hulle staal gewys. Kathu Netbalklub is as algehele kampioene gekroon. In die B-liga finale speel Kathu B teen Kuruman B en Kathu tree as wenners uit die stryd met 27-11. In die A-liga is dit ook Kathu en Kuruman en Kathu wen oortuigend met 31-17. Van die begin af het die spanne sterk teen mekaar opgeweeg. Goeie netbal is deurgaans gespeel. In die A-liga eindig Sishen United derde en in die B-Liga Shooting Stars.
Die volgende spelers is vereer met toekennings Trofee wenners:
Carizka Cloete (Kathu Netbal) is aangewys as die JTG speler van die jaar, Magdalie Reitz & Rix-Marie Fourie deel trofee as beste doele in die A-liga, Elouise Badenhorst (Kathu Netbal) & Jennifer Smith (Kuruman Netbal) is aangewys as die jaar se beste middelveld spelers.
Leandri Husselmann (Kuruman Netbal) is aangewys as beste verdediger, Theresa Faz-Tudo as beste opkomende verdediger
Derenthea vd Heever (Kathu Netbal) is aangewys as beste opkomende speler in die B Liga.
Nicolene Fourie (Kathu Netbal) is aangewys as beste doel in die B Liga.
Maria Jacobs is as beste opkomende afrigter met haar span Sishen United as span wat meeste vordering getoon het.
Kgomotso Loeto as amptenaar in JTG wat beste bydrae gelewer het.
Antoinette Husselman en Teddy Gasegamelwe-Mokwene is aangewys as beste skeidsregters vir 2018.
Kathu Netbalklub het ook aan elke span toerusting geskenk ter voorbereiding van volgende jaar se seisoen. Die borgskap is vanaf Khumani myn wat dit vir Kathu Netbalklub moontlik maak om ‘n wesenlike bydrae te lewer in die ontwikkeling van die klubs in JTG Netbal distrik.
Foto: Links na regs: Marinel Abbott, Rix-Marie Fourie, Carien Ross, Elouise Badenhorst, Demi Mac Vay, Carizka Cloete, Magdalie Reitz
Voor : Betsie Badenhorst (Afrigter), Jean-Marie vd Heever, Marista van Heerden
















