
Toutrekspanne kompeteer in Hartenbos
Tydens die Toutrek Klubkampioenskappe, wat dié jaar in Hartenbos plaasgevind het, het meer as 50 verskillende spanne deelgeneem.
Op 24 Oktober 2020 het hierdie vasvatters mekaar die stryd aangesê en Postmasburg, wat aan die Premierliga by die kampioenskappe deelgeneem het, het hul weer goed van hul taak gekwyt. Hulle het algemene 4de plekke verwerf in die verskillende gewigafdelings waarvoor hul ingeskryf het. Die klub se 560kg B span het ook ‘n brons medalje in die Presidenteliga gewen. Dit was vir sommige van die span hul eerste groot kompetisie wat dui op goeie vordering en prestasie.
Gedurende November 2020 vind die SA Kampioenskappe in die Kaap plaas. Harde oefening is op hierdie trekkers se program om Noord-Kaap se naam hoog te hou tydens dié kampioenskappe.
Wel gedaan!
FOTO1: Die 640kg A span, wat aan die Premier liga deelgeneem het, in aksie.
FOTO2: Die 560kg B span het Brons verower in die Presidente liga.
















