Toutrekspanne terug van Kampioenskappe
Die SA Junior Toutrekkampioenskappe wat op 13 en 14 Maart 2020 by die Drosdy in Worcester aangebied is, is heelhuids terug en twee spanne het plekke verower.
Die Kaalvoete, Laerskool deelnemers, het 5 spanne ingeskryf vir die Plaatafdeling. In die 280kg afdeling het hulle ‘n 2e plek behaal en in die 320kg afdeling ‘n 3e plek. Die ander spanne het goed vertoon alhoewel nie plekke behaal is nie. Die Junior Boots van die Hoërskool het ook aan drie afdelings deelgeneem.
Oakdale het algeheel die Seuns Junior Boots gewen en Swellendam die Dames Junior Boots. Daar was in totaal 305 spanne en 1358 toutrekkers wat deelgeneem het.
Daar is goeie rekenskap van hulle self gegee en die trekkers is terug met vele ondervinding.
Geluk aan ons vasvatters/vasskoppers!
















