Kathu, Kuruman, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounding villages.

Uitstappie na die Kurumanrivier

Mimosahof het binne ‘n week weer die voorreg gehad om ‘n bederfuitstappie te kon meemaak.

Hierdie keer is Heuwelsig Aftreeoord, saamgenooi om die dag te geniet. Met groot opgewondenheid het 3 bussies met 40 inwoners vertrek om die Kurumanrivier wat nou in vloed deur die dorpie vloei, te gaan besoek.

Vyfster-bederf het op die groep gewag. 100km uit die dorp is ‘n veld ontbyt langs die pad geniet. Dankie Annetjie, jou broodjies was ‘n wenner. Met die aankoms by Van Zylsrus Hotel is die groep met die heerlikste verfrissende bola terwyl almal die rivier oorkant die pad bekyk het. Daarna het almal oorgestap en het die brawes hulle voete in die water gesit. Met die heerlike reuk van braaivleis in die lug, is die groep met honger mae in die verkoelde kerksaal ontvang.

Die bolgende donateurs word bedank: Chris van der Merwe vir al die vervoer-uitgawes en die betaling vir die ekstra bussie en die ontbyt langs die pad. Wessel Groenewald vir sy bussie en die bestuur daarvan. Hoërskool Kalahari vir hulle Quantum bussie. Marius Maritz en Jannie de Klerk vir die bestuur van die bussies en Madelein Vlok vir al die hulp met die in- en uitlaai by die bussies. Alwyn en Francien Noëth vir al die reëlings asook die skenking van die skaaptjops, bykosse en ekstra bederfies. Sean Fotheringham vir die skenking van die wors. Petro en Albé Jonker, eienaars van Van Zylsrus Hotel, vir die heerlikste bola. Ds Kobus van Tonder vir die braai in die Kalahari-hitte en Hannelie van Tonder vir die besonderse rooifluweel-kolwyntjies. Willem en Martina Fourie en Coenie van Eeden vir al julle harde werk en vriendelikheid.

Mimosahof en Heuwelsig se inwoners wil almal wat by die suksesvolle dag betrokke was, bedank.

 

FOTO: ‘n Kollage van Mimosahof en Heuwelsig se uitstappie na Van Zylsrus.