Kathu, Kuruman, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounding villages.

Op Saterdag 1 Februarie 2020 het Upington Dragons na Keimoes gegaan om hul 2de ZFM liga wedstryd teen Keimoes Tigers te speel.

Keimoes het die loot gewen en vir Upington Dragons 1ste ingestuur om te gaan kolf. Na die nederlaag teen Hoërskool Uppies het Dragons hard geoefen aan hul tekortkominge en het gewys wat in hul steek tydens die wedstryd.

Upington Dragons het uitstekend gevaar met die kolfwerk en so ook die boulwerk. Upington Dragons het in hul toegelate 50 beurte 315/7 aangeteken, waarby Granville de Wee (k) 100 van 70 balle en Cornell Titus 105* van 109 balle aangeteken het. Daar was goeie vennootskappe aangegaan, 2 x 100 lopie vennootskappe en ook 50 lopie vennootskappe. Upington Dragons het ook uitstekend gevaar met die boulwerk, hulle het vir Keimoes Tigers almal uitgeboul in die 31.4 beurt met slegs 117 lopies op die bord, waarby Dragons die wedstryd met 199 lopies gewen het.

Die beste boulers van die dag was Cornell Titus met 4 paaltjies en Brendon Minnaar Julies met 2 paaltjies. Die speler van die wedstryd van Upington Dragons was Cornell Titus wat hom so goed van sy taak gekwyt het. Die bestuur wil net vir Cornell Titus geluk wens met sy vertoning en hy moet voort bou daarop. Die bestuur van Upt Dragons kk wil graag ook vir Keimoes Tigers bedank vir die goeie manier waarop die wedstryd kon plaasgevind het, dit is altyd ‘n plesier om kragte teen julle te meet en alle sterkte vir die res van die seisoen wat voorlê.

Die eerskomende naweek kom Upington Dragons teen Upt Lions te staan by 8 SAI Bn Kreiket Oval en hulle nooi al hul lojale ondersteuners uit om die wedstryd by te woon.