
Juan Steenkamp, Graad 12 leerder van Hoërskool Upington het onlangs aan die SANSSU skietproewe in Limpopo deelgeneem waar al 9 provinsies meegeding het in alle ouderdomme.
Juan is deel van 15 sporterskuts (luggeweer) wat gekies is as deel van die SA span wat in Engeland gaan meeding. Die span vertrek, 31 Julie 2019 tot 13 Augustus 2019, na Engeland waar hulle gaan deelneem aan die “British Junior International Championships”.
Baie geluk Juan. Hoërskool Upington is trots op jou.
FOTO: Juan Steenkamp ‘n Graad 12 leerder van Hoërskool Upington.
















