Kathu, Kuruman, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounding villages.

Uppies hokkie het op 13 tot 14 Maart 2020 by Grey College se sportdag meegeding teen talle skole op die hokkieveld.

Die skole sluit in Grey College, Oranje meisies, Sentraal, St Michaels en Jim Fouché. Uppies se hokkiespanne het die wedstryde baie geniet en ook baie ondervinding opgedoen. Daar is altesaam 12 wedstryde gespeel, en alhoewel almal nie in Uppies se guns was nie, het Uppies se o/19 A seuns en dogters spanne steeds die vlag hoog laat wapper met oorwinnings.

Uppies se 1ste seuns klop Jim Fouché o/16A met 6 doele teenoor 0 en Uppies se 1ste dogters klop Sentraal 2-0. Uppies se o/19B dogters het ook met Sentraal afgereken met ‘n telling van 2-1.

Die wedstryde teen Grey College het ongelukkig nie plaasgevind op Vrydag, 13 Maart 2020, nie, as gevolg van die weer.

Uppies hokkie sien uit na die volgende kragmeting teen die skole.