Uppies hokkie vs. Hoërskool Kalahari
Vanaf 28 tot 29 Februarie 2020 het die Uppies hokkiespan teen Hoërskool Kalahari meegeding op die hokkieveld.
Al die wedstryde was in goeie gees gespeel en beide skole het dit ten volle geniet. Uppies se hokkiespanne het baie goed presteer en hier volg die uitslae: Seuns: Uppies o18A wen Kalahari o18A: 13-0 en Uppies o18B gelykop teen Kalahari o18A: 2-2. Dogters: Uppies o18A wen Kalahari o18A: 12-0, Uppies o18B wen Kalahari o18A: 2-1, Uppies o18B wen Kalahari o18B: 1-0, Uppies o16A wen Kalahari o16A: 1-0 en Uppies o14A verloor teen Kalahari o18B: 2-4.
Baie dankie aan Hoërskool Kalahari vir die lekker hokkie!
















