Tydens die finale kompetisie wat op 16 en 17 Augustus 2019 in Upington gehou is, het die Uppieskuts puik presteer.
In die o/16 Sportergeweer kompetisie kry Janko Botma twee goue medaljes: 1 in die drie-posisie en een in die staanposisie. In die o/21 Sportergeweer kompetisie kry Juan Steenkamp twee silwer medaljes in die drie-posisie en in die staanposisie.
In die o/21 Veergeweer kompetisie kry Wian van As ‘n silwer medalje in die drie-posisie. In die o/16 Veergeweer-kompetisie kry Markus Gous ‘n brons medalje in die staanposisie.
Ashton Willemse, Uppies se rolstoel lugpistoolskut, kry ‘n silwer medalje vir die o/14 pistool kompetisie.
Tydens die ‘Target Sprint’ kry Petrus Labuschagne ‘n silwer medalje vir die o/21-groep. Janko Botma kry ‘n silwer medalje en Ayden Smith kry ‘n brons medalje in die o/16-groep.
Skietbekers vir die beste skuts vir 2019 gaan aan Juan Steenkamp vir beste o/21 Sportergeweerskut en aan Janko Botma vir beste o/16 Sportergeweerskut.
Die volgende skuts is in die Noord-Kaap-spanne opgeneem wat tydens die September vakansie aan die SA-skoleskietkompetisie in die Kaap gaan deelneem.
















