Uppies wen Duineveld in o/15 krieket finaal!
Hoërskool Upington en Hoërskool Duineveld het teen mekaar in die o/15 krieket finaal gespeel.
Velties het eerste gekolf en na goeie boulwerk van Jano Malan en PA Karsten het Uppies hulle vinnig onder druk gesit.
Velties is vir slegs 61 lopies almal uit geboul.
P.A. was Uppies se beste bouler met 4 paaltjies vir slegs 13 lopies. Ruwin Isaks en Sylvester Hoffmann het elkeen 2 paltjies gevat.
Uppies gaan in om te kolf, die twee openingskolwers Hercules Hudson en Jano Malan slaan die lopies in slegs 7 boulbeurte af. Uppies wen die wedstryd met 10 paaltjies.
Uppies krieket is vir seker op ‘n goeie pad!
Baie geluk seuns, Uppies is trots op julle.
















