Vaalkoppies Primêr ontvang twee klaskamers
Die leerders en personeel van Vaalkoppies Primêre Skool, sowat 10 kilometer uit Upington is met vreugde vervul met die skenking van twee ten volle toegeruste klaskamers wat moontlik gemaak is deur Karoshoek Solar Een.
Karoshoek Solar Een wek sonkrag op en verkoop dit aan Eskom en as deel van hulle 1% sosiale verantwoordelikheid ploeg hulle terug in gemeenskappe wat in ‘n 50 kilometer radius van die opwekkingsplant geleë is. Hulle fokus is op onderwys, sosiale opheffing en infrastruktuur.
Karoshoek Solar Een het die nood van hierdie klein skool gesien en aangebied om die Departement van Onderwys in die Noord-Kaap but e staan, aldus Mnr Gideon Oliphant (Hoof Direkteur van Infrastruktuur – Noord-Kaap Departement van Onderwys in Kimberley).
Hierdie twee klaskamer is tydens ‘n oorhandigingseremonie op die skoolperseel aan die Prinsipaal en die Departement van Onderwys in die ZF Mgcawustreek oorhandig. Die menswaardigheid van ons leerders is verhoog en kinders kan nou in klaskamers met verkoeling onderrig en geleer word”, aldus Mnr. Wilfred Nel (Prinsipaal – Vaalkoppies Primêre Skool).
Karoshoek Solar Een soek nie enige dank vir wat hulle aan die gemeenskap gedoen het nie, maar waardering en samewerking.
FOTO: Vlnr: Mnr Wilfred Nel (Prinsipaal – Vaalkoppies Primêre Skool); Me Mtloko Letsoala (SED Bestuurder: Karoshoek Solar Een); Mnr Gideon Oliphant (Hoof Direkteur van Infrastruktuur – Noord-Kaap Departement van Onderwys in Kimberley) en Mnr Gordon G March (Streekdirekteur van Onderwys in die ZF Mgcawu) tydens die oorhandiging van die twee klaskamers.
















