Kathu, Kuruman, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounding villages.

Valentynsdag by Mimosahof

Aanvanklik is daar nie ‘n romantiese betekenis aan Valentynsdag gekoppel nie.

Dit is eers in die laat Middeleeue tydens die bloeitydperk van hoofse liefde dat romantiese gebruike met hierdie dag geassosieer is. Die gedigte van Chaucer word dikwels aangehaal as die eerste vorme van valentynsgedigte. Teen die vyftiende eeu het daar ‘n tradisie ontwikkel waarvolgens verliefdes vir mekaar blomme, lekkergoed en kaartjies gestuur het.

Dit het belangrik geword om ‘n gepaste valentynsgedig of boodskap in die handgemaakte kaartjie te skryf. In die negentiende eeu, met die aanvang van meganisasie, is valentynskaartjies vir die eerste keer op grootskaal in fabrieke vervaardig. Hierdie gekoopte kaartjies het dan ook die vroeëre handgemaakte kaartjies gedeeltelik vervang.

Op Sondag, 14 Februarie 2021 het Mimosahof ook Valentynsdag gevier vir die inwoners. Hulle is in rooi, blomme en liefde getooi!

Mimosahof wil vir Pick ‘n Pay bedank vir al die mooi blomme! Die inwoners het baie spesiaal gevoel.

 

FOTO; ‘n Kollage van Mimosahof se Valentynsdagete.