Kathu, Kuruman, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounding villages.

Van Druten Rugby Finale 2019: Met die genade van Bo, het Laerskool Kathu weereens ‘n uitstekende rugby seisoen beleef.

Die 5 spelers van ons 6 A & B liga spanne neem uiteindelik deel aan die Van Druten Rugby Finale. Al die spanne speel, sonder uitsondering, teen A-spanne tydens die finale.

Die uitslae was as volg: A-Liga eindig in die eerste plek – o/9A en o/11A, en in die tweede plek – o/13A (hoewel hulle gelykop gespeel het teen Laerskool Seodin, eindig Laerskool Kathu 2de omdat Laerskool Seodin die 1ste punt aangeteken het).

B-Liga eindig in die eerste plek – o/9B en o/11B.

Die o/9A rugbyspan van Laerskool Kathu beter bekend as die Mustangs, het Saterdag 8 Junie 2019 hulle seisoen afgesluit deur Laerskool Seodine in die finaal van die Van Druten A liga te klop met 17 punte teenoor 7.

Die Mustangs het in 2019, 22 wedstryde gespeel. Daarvan het hulle slegs twee wedstryde verloor teen Laerskool Grey se o/9A span en Laerskool Saamtrek. Hulle het 435 punte aangeteken en 75 drieë gedruk hierdie seisoen. Wat ‘n fantastiese seisoen vir die Mustangs

Direk van Laerskool Kathu se Rugby spanne: “Baie geluk aan elke speler, afrigter en oundersteuner. Baie dankie aan ons Hemelse Vader wat ons weereens uit ons sokkies uit seën.

FOTO: Die Laerskool Kathu Mustangs, o/9A. Voorste ry: Tlotlego Molema, Jaydin Venter, Zian Shephard, Denver Moeng, Boleng Motswadisa. Middel ry: Wian Hollenbach, Abrie Coetsee, Raydon Williams, Jo-Bendré Majiedt, Tumisang Tihelo, Ruben Grobler, Jade Lin Buffets. Agterste ry: Nelis du Toit, Deandré du Plessis, Nathan Hattingh, Kutlo Morekisi, Xavier Behr.

FOTO: Die o/9B rugbyspan van Laerskool Kathu. Die seuns het bo aan die liga geëindig en ook die finaal oortuigend 27 – 5 gewen teen Hotrock. Vlnr voor: Keagon, Michael, CJ (Kaptein), Jade-Lin, AJ. Middel: Righardt, Gaillermo, Corné, Jayden, Ayden, Smarga, Raymond. Agter: Mnr Tiaan (Afrigter), Ruben, Khumo, TJ. Jayden, Kaylum, Christopher (Hulp Afrigter).

FOTO: Laerskool Kathu o/11B Leeus wen skild finaal teen Danielskuil 14 – 12.

FOTO: Die Laerskool Kathu Kwaggas, o/12. Voor: Damian Goosen, Kitso, De Wyk Rossouw, Johan Burke, Keenan Mathys, Molemo. Middel: LP Steyn, Francois du Plessis, Tipron Tyres, Dvanne Baffets, Jayton Botha, Wian Brink. Agter: Lourens Jacobs, Tiaan Mulder, Estiaan van Rensburg, Tiaan le Roux, Damian Smith, Christiaan Erasmus, Jeandre Kuhn, Ayden Cloete. Afrigter: Bennie van den Berg, Afrigter: J.P. Brandsen.

FOTO: Die o/13 Eagles speel gelykop in die finaal en kry die Silwer medalje in die Van Druten liga. Die spelers: Dp Kotze, Sihle Mokwena, George le Grange, Stephen Burke, NJ Visser, Bradley Brummer, Paul Cronje, Xavier Leibrandt, Lwandle Maseko, Dihan Janse van Rensburg, Themba Koopman, Selwyn Wagenaar, Damian Mathys, Jacquin Jasson, Darius du Plessis, Ockie Maritz, Andrico Swiegers, Thabisho Mocwane, Louis Jaku, Jaco Beukes, Kabo Holele, Jodie Scholtz, Lamian Snyders, Ashrand Rooi.