
Op 10 Mei 2019 het die kleuters van Cherubs hulle mammas bederf deur ‘n 50’s Tee vir hulle te hou.
Almal wat hierdie Tee bygewoon het moes soos die 50’s tema aantrek, hulle het verseker uitgehaal en gewys. Daar was koek, worsboodjies, tee en vele meer. Die kleuters het die dag afgesluit deur vir hulle mammas te sing, dans en gediggies op te sê.
Die mammas was baie beïndruk met die bederf en het dit vreeslik geniet om die dag saam met hulle kinders te kon vier.
















