
Hoërskool Kathu se eerste span netbal het ‘n uitdagende week gehad in George tydens die Suid-Kaap Sport Toer.
Die meisies het teen groot skole te staan gekom en na die afloop van die week is 8 uit die 10 meisies gekies vir die Ireland span wat gedurende die 2019 September skool vakansie ‘n nuwe land gaan verken.
Die 8 meisies is: Chantel Brits, Deané Van Zyl, Kara Sachse, Anika Gerber, Zanel Ndala, Nicole Teise, Sharike Russouw, Marizelle Schloms.
Afrigters juffrou Lee-Ann en juffrou Louise is baie trots op al die meisies en is baie opgewonde oor wat dié jaar vir hulle inhou.
FOTO: Die 10 Hoërskool Kathu se eerste span netbal spelers.
















