
Die volgende leerders van Hotazel Kollege is gekies om deel te neem aan die Griekwaland-Wes proewe vanaf 16 tot 19 Junie 2019: Jason Horne in die o/17 span en Jaden le Roux in die o/15 span.
Mnr Clint van Tonder, onderwyser en afrigter, is aangewys as spanbestuurder vir die o/15 Van Druten span.
Hotazel Kollege wens hulle baie sterkte toe en is trots op hul prestasies.
Vlnr: Jason Horne, Mnr Clint van Tonder en Jaden le Roux.
















