Covering Kathu, Kuruman and villages, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounds

Die sestien jarige Elzette de Koker en die vyftien jarige Thorne de Klerk het hul goeie vorm gehandhaaf en hul skool, Rietfontein Gekombineerde Skool se vlag laat wapper op die Noord-Kaap atletiek kampioenskappe wat op 2 Maart in die Dicky Jacobs stadion aangebied was. Elzette het die hoogspring vir dogters 17 jaar gewen en die goue medalje opgeraap. Sy is die ZFM-, die Inter-Distrikte en Noord-Kaap kampioen in die hoogspring vir dogters 17 jaar. Thorne het ‘n oortuigende oorwinning in die 1 500m wedloop vir seuns 15 jaar behaal en die goue medalje huistoe gebring. Hy is die Inter-Distrikte en Noord-Kaap kampioen in die 1 500m. Nou lê die nasionale kampioenskappe (21-23 Maart) voor en die skoolgemeenskap hou asem op of die twee puik atlete genoeg gedoen het om in die Noord-Kaap span opgeneem te word.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *