Covering Kathu, Kuruman and villages, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounds

“Jêm Blikke, Vis Blikke, Drie by Drie! ONS IS, ONS IS…

weet julle WIE!?

ONS IS, ONS IS, kan julle raai!?

ONS IS, ONS IS….CHERUBS!”

 

Op Vrydag 8 Maart 2019 by SIVOs sportgronde om 17:00 het Cherubs se amptelike jaarlikse atletiek byeenkoms afgeskop met ‘n groot “BANG”.

 

Die volgende groepe het deelgeneem:

Die Willige Wurms – 2 tot 3 jariges, Gretige Goggas – 3 tot 4 jariges, Besige Bytjies – 4 tot 5 jariges, Vlytige Vlinders – 5 tot 6 jariges (graad R) asook die namiddag Tuiswerk Klub wat van graad 1 tot graad 7 is.

 

Daar was verskeie aktiwiteite, om so ‘n paar te noem: Naellope, hekkies, gewigstoot met boontjie sakkies, verspring vir die Vlytige Vlinders (graad R), sakresies vir die Tuiswerk Klub (graad 1 tot 7). Die hoogte punt was Kruiwastoot, waar die pappas die kinders in ‘n kruiwa stoot asook ‘n Diaper Dash waar die mammas met die kleintjies in ‘n stootwaentjie hardloop.

 

Natuurlik was daar verskeie kossoorte beskikbaar byvoorbeeld alle kleure spookasem om van te kies, skaap tjoppies, corndogs, boerewors rolle ens.

 

Vermaak vir die kinders was ook beskikbaar. Hulle het die geleentheid gehad om hulle gesiggies te kon skilder met kuns van hulle keuse.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *