
‘n Plaaslike junior gholfspeler, Johan Kruger, van die Sishen Gholfklub, was een van die ses seuns wat deel was van die seuns o/14 gholfspan wat die Noord-Kaap provinsie by die o/14 interprovinsiale gholftoernooi wat onlangs in Worcester gehou is, verteenwoordig het.
Ander spelers in die Noord-Kaap span was afkomstig van Daniëlskuil, De Aar en Upington.
Die Noord-Kaap span het vierde uit ses provinsies geëindig en Johan was 17de uit die 36 spelers.
Dit is ‘n baie mooi prestasie en die Kalahari Country Club wat ook Johan se uitrusting geborg het, is baie trots op hom.
Foto: Johan Kruger.
















