
Leerders van Curro Kathu het op verskeie gebiede uitstekend gevaar tydens die skole vakansie. Baie geluk aan Garren Stonestreet wat tydens die Winterweek in die Noord-Kaap die o/12 krieketspan verteenwoordig het.
Bronwyn van der Heever het die Suid-Afrikaanse Martial Arts Karate Span in Amerika gaan verteenwoordig. Sy het haar Nasionale Kleure verwerf, asook 1 x eerste plek, 2 x tweede plekke, 1 x derde plek en 2 x vyfde plekke by die kompetisie gekry. Hierdie is ‘n baie goeie prestasie en werklik iets om op trots te wees.
















