Covering Kathu, Kuruman and villages, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounds

Dit is baie duidelik dat Madiba dag baie naby die harte van Curro Kathu se leerders en personeel lê. Die leerders het die dag gebruik om toebroodjies te maak vir minderbevoorregtes vanuit die gemeenskap. Die leerders het weggespring en almal het begin help om broodjies te smeer, self die graad R leerders het hulle kant gebring en gehelp. Die skool bedank graag vir Steers en Pick n Pay vir die skenking van brode en smere. Die toebroodjies word uitgedeel in verskillende gebiede in Kathu omgewing. Mag elkeen jaarliks vir 67minute op Madiba dag iets vir iemand anders beteken soos wat Curro weer vanjaar vir ons gewys het.  Dankie vir hierdie mooi gebaar.

Foto: Leerders van Curro Kathu besig om brode te smeer en reg te kry.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *