
Laerskool Kathu het op 24 Februarie 2019 vertrek na Sun City om deel te neem aan die Egalite tennis toernooi.
Die skole wat deelgeneem het, was baie sterk, maar Laerskool Kathu het nie terug gestaan vir enige van die skole nie.
Laerskool Kathu se seuns het vir King Dawid, Trinity House 2, Eikestad 2 en Van Riebeeckstrand gewen.
Laerskool Kathu se dogters het vir Van Riebeeckstrand gewen en net-net verloor teen King Dawid.
Die seuns het sesde geëindig en meisie sewende in die toernooi van 10 spanne.
Ons wil net vir Laerskool Kathu Dankie sê vir die geleentheid wat die kinders ontvang het asook hulle ouers wat hulle die geleentheid gee om te kon gaan.
FOTO: M. Lamprecht, S. Steenkamp, M. Fouché (afrigter), D. Roux, R. Combrinck, M. Badenhorst.
FOTO: P. Cronje, D. Theron, D. Wilson (afrigter), T. Barnard, L. Moveko, T. Theron.
















