
Die Gemeenskapswerke Program (GWP) werkers het die Junie 2019 skoolvakansie gebruik om Rietfontein Gekombineerde Skool se terrein skoon te gemaak.
Mnr. Kocks ‘n departementshoof by die skool was die skakel tussen die skool en die Gemeenskapswerke Program (GWP) kantoor. Sonder huiwering het kaptein Gerrie de Koker en sy spanne die bul by die horings gepak. Die onderwysers en leerders sal met die heropening van die derde kwartaal ‘n skoon skoolterrein tegemoet loop. Noudat mnr. Kocks die basis gelệ het, wil kaptein De Koker in gesprek tree met die skoolhoof en die personeel om die doelwitte van die Gemeenskapswerke Program (GWP) te verduidelik.
Hy en sy spanne wil veral met die skool se verfraaiingskomitee saam werk om die terrein te ontwikkel. Volgens kaptein De Koker en sy spanne is dit ‘n voorreg om by die skool betrokke te raak en wil saam met die personeel eienaarskap van die skool neem. Dit moet onderstreep word dat die Gemeenskapswerke Program (GWP) werkers nie die werkers by die skool vervang nie.
FOTO: Gemeenskapswerke Program (GWP) werkers maak die skoolterrein skoon.
FOTO: Gemeenskapswerke Program (GWP) werkers saam met mnr. Kocks en kapt. Gerrie de Koker (GWP-koordineerder).
















