Covering Kathu, Kuruman and villages, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounds

Laer- en Hoërskool Olifantshoek het op 26 April 2019 ‘n Spookwedloop aangebied.

Die tema was “Glow in the dark”. Verf en gloeiende bykomstighede is verkoop om by die tema te pas. Oud en jonk het deelgeneem aan hierdie wedloop wat om 18:30 by die ou Kathu Parkrun-gronde plaasgevind het.

Sommige atlete moes (en het) hulle pas versnel om vir die talle spoke, wat almal lekker laat skrik het, weg te hardloop!  Heelwat pryse is uitgedeel en ‘n gelukkige trekking is gehou.

Baie dankie aan die borge: Pick n Pay, Spar, Cash Crusaders, Kathu Pawnshop, Electro Diesel en BB Fotografie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *