
Hoërskool Kathu se eerste rugbyspan was op toer na George tydens die Maart 2019 skool vakansie.
Hulle het die 1ste wedstryd verloor 19 – 24 teen Curro Durbanville.
Punte wat aangeteken is vir Hoërskool Kathu deur: JP Wagenaar, Oratile Medupe, Glenn Antonio, Esjee de Lange slaag met 2 doelskoppe.
Die 2de wedstryd teen Primrose, wen Hoërskool Kathu 27 – 5. Punte aangeteken deur: Ceagan Meyer, Medupe Oratile, Glen Antonio, Esjee de Lange. Esjee slaag ook met 2 doelskoppe en ‘n strafskop.
Die laaste wedstryd was teen PW Botha Kollege. Hoërskool Kathu verloor 17 – 18. Punte aangeteken deur: Oratile Medupe, Dewald van Wyk, Esjee de Lange. Esjee slaag ook met ‘n doelskop.
Die volgende spelers is gekies om is Ierland te gaan speel vir die 2019 September toer: Kobus Nel, Ceagan Meyer, Dewaldt Niemandt, Gean Meyer, Malcolm Malan, Wagner Fourie, Deon Myburgh, Dewald v Wyk, Esjee de Lange.
FOTO: Hoërskool Kahtu se 1ste Rugbyspan tydens die Maart vakansie toer in George.
















