
Tennis: Jakobus Solomon en Korben Vries het Hoërskool Kathu verteenwoordig by die provinsiale tennis byeenkoms. Kobus het gespeel as Noord-Kaap se nommer 1 seuns speler en Korben kort op sy hakke as nommer 2.
Tennis het plaasgevind in Kimberley. Noord-Kaap meisies wen die Vrystaat span 35-31 en die seuns wen die Vrystaat span 41-26.
Baie geluk aan al die Noord-Kaap spelers en die Kathuters wat ons skool se naam so hoog gehou het.
Hokkie: o/19A verloor 0 – 2 en die o/15 wen 3 – 0. Die seuns verloor teen Duineveld 0 – 4.
Rugby: o/15 verloor 12 – 14 teen Curro; o/17 wen 24 – 7 en die 1ste span wen 17 – 0.
Netbal: Die o/15 netbal verloor teen Curro 14 – 11. Teen Duineveld – o/17 1ste spel 25 – 9 en die o/19D 2de spel 24 – 2 teen o/19E Duineveld, albei verloor. o/19B 1ste spel teen Duineveld se 0/17A 14 – 31 in hul guns. Die 2de spel teen Duineveld se o/19C wen 21 – 20. Die o/19A wen Curro 30 – 4.
















