
Die PicknPay Kathu Interskole tussen Hoërskool Kathu en Hoërskool Kalahari op Bucopark het Saterdag, 18 Mei 2019, gelykop geëindig.
Hoërskool Kalahari het die 1ste rugby en seuns hokkie gewen terwyl Hoërskool Kathu die 1ste hokkie en 1ste netbal, golf en sokker gewen het. Dit was ‘n suksesvolle dag wat in goeie gees afgehandel is.
Dankie aan Steers en Colorado Spur vir die man van die wedstryd pryse, Katexas en Namakwari wat na die sjampanjenooiens omgesien het, Kuruman Ford wat hul vervoer het. Dankie aan André Schoeman, sy werkers asook Adam Myburgh wat die paviljoene herstel het, geskuif en geverf het. Die skool bedank graag al die borge en toeskouers vir hul volgehoue ondersteuning van Hoërskool Kathu.
















