
Op Vrydag, 22 Februarie 2019 het Hoërskool Kathu as Krieket SA fokusskool teen Kalahari Eye Warriors wat die Krieket SA HUB (HUB is ‘n term vir ontwikkeling in ‘n streek onder toesig van Krieket Suid-Afrika en die plaaslike unie wat Noord-Kaap krieket is) in Kuruman is gespeel as ‘n “friendship match” tussen 2 Krieket Suid-Afrika instellings.
Hoërskool Kathu kolf 1ste en teken 135/5 aan, G. Meyer met 35, DP Swiegers 25 nie uit, Roman Erasmus 25 die beste kolwers, Kalahari Eye Warriors HUB word beperk tot 107 met DP Swiegers 3/12 as die beste bouler.
Hoërskool Kathu wen met 28 lopies.
FOTO: Beide spanne wat teen mekaar kragte gemeet het, Hoërskool Kathu en die Kalahari Eye Warriors.
















