
Op Maandag, 29 April 2019, het drie van Laerskool Kathu se kore aan die jaarlikse departementele, ABC MOTSEPE kore Eisteddfod deelgeneem.
Die juniorkoor het in ‘n hoër ouderdomskategorie ingeskryf en behaal ‘n 1ste plek met ‘Java Jive’. Hulle moet later aan die Provinsiale byeenkoms gaan deelneem.
Die seniorkoor roer menige hartsnare met hul uitvoering van ‘I will follow Him’. Hulle het baie sterk kompetisie gehad, maar stap met ‘n trotse tweede plek weg!
Ons Bokkiekoor het hierdie jaar vir die eerste keer gaan deelneem en het ‘n vyfde plek gekry met ‘Jesus loves me’.
Baie dankie aan Petro de Klerk en Linda Pretorius vir die begeleiding van die kore.
Ons is baie trots op elke stem!
















