Covering Kathu, Kuruman and villages, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounds

Die volgende leerders van Hoërskool Upington het vanaf 23 tot 25 Januarie 2020 aan die Noord-Kaap tennisproewe in Kimberley deelgeneem.

Die leerders het as volg geëindig op die ranglys in hul onderskeie ouderdomsgroepe: Seuns o/14 – Braam van Niekerk (2de), Nico van der Westhuizen (7de), Dappie van der Ryst (12de). Dogters o/15 – Zea Botma (7de). Seuns o/15 – PA Karsten (3de). Hercules Hudson het ongelukkig onttrek op die 2de dag weens ʼn besering. Dogters o/16 – Janneke Engels (2de), Bea Engelbrecht (8ste). Dogters o/17 – Jana Nel (4de). Seuns o/17 – Stefan Joubert (3de), Geo Engelbrecht (5de), Awie van der Westhuizen (7de). Dogters o/19 – Berna Kilian (1ste), Nina Slabbert (7de).

Berna Kilian en PA Karsten gaan vanaf 9 tot 13 April 2020 in Pretoria aan die Interpro deelneem, waar hulle teen al die ander provinsies speel. Baie sterkte en geluk aan elke Uppie.

 

FOTO: Vlnr Agter: Stefan Joubert, Geo Engelbrecht, Awie van der Westhuizen, PA Karsten en Berna Kilian. Vlnr Middel: Bea Engelbrecht, Jana Nel, Janneke Engels, Nina Slabbert en Zea Botma. Vlnr Voor: Nico van der Westhuizen, Braam van Niekerk en Dappie van der Ryst.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *