Hoёrskool Upington se leerder Elanie Brand het gedurende Maart vakansie 2019 die Noord-Kaap tennisspan verteenwoordig by die Interpro in Pretoria.
Dit is ‘n groot toernooi waar elke provinsie se beste spelers deelneem teen mekaar. Elanie het mooi tennis gespeel en toe daarin geslaag om die SA Skole o/17 span te haal wat tydens die Junie vakansie 2019 Engeland toe toer.
Baie geluk, Elanie.
















