Covering Kathu, Kuruman and villages, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounds

Tydens ‘n Provinsiale Onderwys Toekenningsgeleentheid wat op 28 Februarie 2019 in die Horseshoe Motel in Kimberley plaasgevind het, het een van Ratang Thuto Hoërskool in Postmasburg se onderwyseresse, Beryl Motlonye, ‘n toekenning ontvang as die beste Afrikaans EAT (Eerste Addisionele Taal) onderwyser in die Provinsie.

 Uit die aard van die saak is Tswana die huistaal van die skool en die keuse is tussen Afrikaans en Engels as eerste addisionele Taal by die skool. In gesprek met Beryl verstaan jy waarom hierdie toekenning haar te beurt geval het; sy praat goeie Afrikaans wat so Noord-Kaaps is, soos die omgewing waarin ons ons bevind.

 Onderwys is ook in haar gene aangesien haar oorlede pa, mnr. Bob Motlonye, ‘n skoolhoof by HTT Bidi Primêre Skool in Boichoko was.

 Baie geluk aan Beryl; ook aan Ratang Thuto Hoërskool. Sulke prestasies plaas die skool en ons dorp op die kaarte.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *