
Laerskool Kathu wil graag die volgende leerders gelukwens met die pryse wat hulle gewen het by die Kunskompetisie wat deur Kumba Iron Ore aangebied is. Die leerders wat pryse gewen het was: Paul Cronjé in Graad 6, Shani Steenkamp in Graad 5, Zenieke Scholtz in Graad 1 en Chané Engelbrecht in Graad 1. Baie geluk aan die leerders.
Foto: Die vier wenners van Laerskool Kathu saam met die skoolhoof mnr. Hammies van Niekerk.
















