
Die afgelope naweek, 13 April 2019, is die finale provinsiale netbalproewe gespeel in Upington.
Gedurende hierdie proewe is die o/14, o/15, o/16, o/17 en o/18 Robyne gekies. Dis die benaming vir die Griekwas Platteland netbalspanne, of soos hulle bekend staan, die Noord-Kaap Robyne.
Die Velties Netbalspelers wat die onderskeie spanne gehaal het is:
o/14 – Joane Visser.
o/15 – Beané Compion, Cornel Slabber.
o/15 proewe vir Winter Games – Ronelda Smit, Marli Janse van Rensburg, Mianke Burger.
o/16 – Alice Burger, Marni Fick, Anne Van Niekerk, Brenda du Toit.
o/17 – Suzelle Fourie.
o/18 – Melisa van Zyl, Charnie Kuhn, Talana Rossouw.
Baie geluk aan hierdie Velties! Dis ‘n besonderse prestasie!
















