
Foto: Die Rietfontein sportdag het op 18 Augustus tussen spanne van Rietfontein Skool en Saul Damon Skool plaasgevind.
Die wintersonnetjie het die ergste koue verdryf. Die onpartydige skare het die mooi oomblikke spontaan toegejuig. Bo: Is die een van die rugbyspanne wat deelgeneem het en onder is die Trompoppies tydens hulle optrede.
















