
Laerskool Kathu se o/13A Rissies Netbalspan het die afgelope naweek, 23 Februarie 2019, deelgeneem aan die o/13 Diamantveld Netbaltoernooi in Kimberley.
Op Vrydag, 22 Februarie 2019, het Laerskool Kathu teen Jacobsdal 6-4 gewen, 8-5 gewen teen Eureka en 18-5 verloor teen Oranje-Noord. Op Saterdag, 23 Februarie 2019, het Laerskool Kathu 10-5 gewen teen Seodin, 13-5 gewen teen Douglas en 21-3 verloor teen Op die Voorpos. In die uitspeelwedstryde het Laerskool Kathu in die laaste minuut 9-7 verloor teen Newton met ‘n “powerplay” doel wat vir Laerskool Kathu ‘n algehele vierde plek laat behaal het uit 11 skole.
Baie geluk ook aan vier spelers van Laerskool Kathu wat ook toekennings verwerf het as speler van die wedstryd in onderskeie wedstryde. Hierdie spelers was Zanli Kraucamp, Tlotla Seretse, Jenuel Davids en Tsebo Moleke.
Laerskool Kathu is baie trots op elkeen van die Rissies en glo dat hulle ‘n baie suksesvolle netbalseisoen gaan hê.
















