Op 11 April 2026 het lede van die Kathu Road Runners klub deelgeneem aan die Two Oceans Marathon in Kaapstad.
Ramon Titus en Manie Steyn het die 56km van die Ultra Marathon onderskeidelik voltooi in 5:54:25 en 6:10:40.
Gewoonlik hardloop Dr Dan Gouws, tandarts van Kathu, ook die Ultra Marathon maar het as gevolg van ‘n besering besluit om hierdie jaar sy gesin te ondersteun en saam met elkeen 5km van die Half Marathon se 21km te hardloop en foto’s te neem. Vir hierdie pa van drie was dit ‘n besonderse voorreg om saam met sy kinders deel te neem en die wedloop saam met sy vrou, Susan te voltooi. Dan en Susan het saam oor die eindstreep gedraf met ‘n tyd van 3:14:26, hul seuns Ettiene en Francois voltooi die reis in onderskeidelik 2:05:53 en 2:45:12 met hul suster, Jana kort op hul hakke met ‘n tyd van 2:50.01.
Marie-Antoinette Schutte en Viola Titus voltooi ook die Half Marathon met skitterende tye van onderskeidelik 2:25:09 en 2:34:47.
Dit was voorwaar ‘n geseënde byeenkoms vir die Kathu Road Runners.
Kathu Road Runners kommunikasie
Foto: Manie Steyn.
Foto: Vlnr Jana Gouws, Dan Gouws, Susan Gouws, Ettiene Gouws en Francois Gouws.
Foto: Marie-Antoinette Schutte.


















