
Tydens die Departement van Onderwys Noord-Kaap se prysuitdeling wat op 28 Februarie 2019 in Kimberley plaasgevind het, is 4 van Hoërskool Kalahari se onderwysers aangewys as die TOPPRESTEERDERS IN DIE PROVINSIE in hulle onderskeie vakke in die 2018 Matriekeindeksamen!
Die kriteria waarvolgens beoordeel is, sluit die volgende aspekte in: Gemiddelde persentasie, hoeveelheid leerders, slaagsyfer, persentasie bo 50%, hoeveelheid onderskeidings.
















