Covering Kathu, Kuruman and villages, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounds

Hoërskool Upington is die trotse eienaars van ‘n ingevoerde Duitse Steinway vleuelklavier.

Hierdie vleuel is in 1965 deur die skool aangekoop om meer luister aan die saalbyeenkomste te verleen. Die klavier het op die saal se verhoog gestaan en is toe na die Gerhard Beukes-Kultuursentrum verskuif.

Prof. Charl du Plessis, professor in klavier van die Universiteit van Pretoria, is ‘n Steinway- ambassadeur, en het vanoggend die skool besoek om op hulle mooi klavier te speel.

Wat ‘n groot voorreg!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *