
Lede van die Kathu Darts Klub asook onafhanklike spelers van Kathu het op 5 April 2026 deelgeneem aan die vyfde Dirk van Schalkwyk toernooi gehou te Kimberley.
Zelda van Vuuren, Kurt View, Ronald Adams en Mark Smith van die Kathu Darts Klub, asook vier onafhanklike spelers van Kathu naamlik Faan Maritz, Stephan Maritz, Maritsa Maritz en Bill Venter het hul staal gewys. Kurt, Ronald en Bill het elkeen een 180 los gespeel, Stephan kon twee behaal en Faan het ‘n indrukwekkende nege 180’s behaal.
Faan het ook 126 Cherry Close en 12 Darter Close gespeel en Zelda het deurgedring tot die kwarteindrondte.
Kurt View, Ronald Adams, Faan Maritz en Werner van Jaarsveld het in spanverband deelgeneem as die Kalahari Klonge en het weggestap as Plaatwenners van die kompetisie.
Die spelers het dit geniet om skouers te skuur met mede vuurpyltjie entoesiaste en het baie geleer by mekaar.
Kathu Darts Klub kommunikasie
Foto: Die Kalahari Klonge, vlnr Werner van Jaarsveld, Faan Maritz, Kurt View en Ronald Adams.















